TuisbladTarieweKontak ons!

Kom ruik, hoor en beleef die see en die rotse vanuit elke area van die ruim wooneenhede van Ons Geluk vakansie akkommodasie. Sedert 1995 akkommodeer hierdie Suidkus woonstel eenhede menige vakansieganger wat op soek is na 'n lekker seevakansie. Privaatheid en gerief word vir elke vakansieganger gewaarborg met geen geriewe wat gedeel word nie.

Aparte ingange bestaan vir elke woon- eenheid met elke wooneenheid wat sy eie private balkon besit wat sorg vir 'n asemrowende uitsig oor die Suidkus se Indiese Oseaan.

Ons Geluk is nie net vakansie woonstelle nie, maar bied 'n gerieflike huislike atmosfeer
Die omgewing is 'n moet vir vakansiegangers wat wil ontsnap van die alledaagse werkslewe en 'n rukkie wil kom ontspan by die see. Elke wooneenheid bestaan uit groot slaapkamers met oop leefvertrekke, 'n wye private balkon, braai en onstspannings geriewe wat nie gedeel word nie. Daar is 'n toegeruste wassery op die perseel met 'n bediende wat die skoonmaak van die wooneenhede behartig.

Beleef die see vanuit elke area van die ruim wooneenhede.

Van die geriewe en attraksies in die omgewing is:
  • Margate, Lucien en Uvongo swemstrande binne loopafstand.
  • Bekende supermarkte en vleismark maklik bereikbaar.
  • 30 minute vanaf die Wildekus.
  • Voëlpark
  • Rotshengel
  • Snorkel,
  • Gholf
  • Paintball
  • Skubaduik, en vele meer.

Daar is wooneenhede van verskillende groottes, so of u nou 'n groot familie-vakansie wil hê met Oupa en Ouma en al die kleinkinders en of u net met u metgesel 'n lekker seevakansie wil geniet, Ons Geluk vakansie akkommodasie is die regte plek vir jou!

Baie mense is op soek na 'n vakansie by die tropiese Kwazulu-Natalse Suidkus. Voorkom die moontlikheid van vol besprekings en bespreek nou!

Ons Geluk is geleë binne maklike bereik

van Margate, Uvongo en Lucien

swemstrande.

 

Indien u enige navrae het m.b.t hierdie webblad kontak die Webmaster

 

Copyright © JT Ferreira 2014

 

 

Stuur vir on ' E-pos Tariewe Tuisblad